Duisende hektaar veld verwoes

Boere in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap trek noustrop na verwoestende veldbrande in die afgelope drie maande.

Verwoestende veldbrande het boere in drie provinsies in die afgelope drie maande 'n ernstige knou gegee.

Die brande het duisende hektaar veld in die Vrystaat, Noordwes en die Noord-Kaap verwoes.

Boere in dié gebiede het nou dringend skenkings van voer, diesel en ander noodsaaklikhede nodig.

In die Noord-Kaap vererger die langdurige droogte boonop boere se nood.

Source
eNuus

Paid Content