'n Oudvalskermsoldaat se heupvervanging word byvoorbeeld gedek deur die voordele waarvoor die Wet op Militêre Veterane voorsiening maak.
CENTURION - Duisende militêre veterane is nie bewus van die voordele waarop hulle geregtig is ingevolge die Wet op Militêre Veterane nie.
Só sê die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging, wat militêre veterane hiermee bystaan.
Die vereniging het sowat 4 000 lede, maar hy vermoed daar is heelwat méér oudweermaglede wat nie van die organisasie weet nie.
Enige Suid-Afrikaanse burger wat van 1960 tot 1993 militêre diens gedoen het, sowel as lede van die Unieweermag en soldate wat ná 1994 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verbonde was, word as veterane geklassifiseer.
Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging kan telefonies gekontak word by 060 603 2930 of per e-pos by [email protected].