Dwaalkoeël tref elfjarige

Leo Williams is Vrydagaand geskiet toe hy gesit en TV kyk het in 'n sinkhokkie in Laingville.

ST. HELENABAAI - 'n Elfjarige seun van Sint Helenabaai aan die weskus veg vir oorlewing in 'n Kaapstadse hospitaal.

Dit nadat 'n dwaalkoeël hom Vrydagaand in die kop getref het. 

Inwoners van die woonbuurt Laingville betoog van Vrydagoggend af oor die verdeling van grond en die toekenning van maatskaplike behuising.

Maar nadat Leo Williams gewond is, het die gemeenskap oorlog teen die polisie verklaar.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ondersoek intussen die voorval waarin die seun gewond is.

Source
eNuus