E-tolbesluit oor twee weke

Ondanks Tito Mboweni se uitsprake oor e-tol Woensdag, het die kabinet nog nie daaroor besluit nie.

JOHANNESBURG - Daar is steeds geen uitsluitsel oor e-tol nie.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sê die kabinet sal oor twee weke daaroor besluit.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het Woensdag gesê die beginsel dat die verbruiker moet betaal, geld steeds.

Maar Mbalula sê dit beteken nie daar is reeds besluit om e-tol onveranderd te hou nie.

Source
eNuus