Eensaam? Ligloop vir kuberskelms

‘n Kenner meen ouer vroue word geteiken weens baie van hulle se onkunde oor sosiale media en kubermisdaad.

KAAPSTAD - Baie mense voel veral aan die einde van die jaar eensaam en gaan soek dan liefde op maatsoekwebwerwe.

Maar eNuus het met verskeie slagoffers van aanlyn afspraakslenters gepraat wat uit altesaam meer as R6-miljoen geswendel is.

Dié swendelaars is vermoedelik deel van 'n Kaapstadse sindikaat.

Sky Women, 'n organisasie wat slagoffers van kubermisdaad help, sê vroue tussen 55 en 70 jaar oud is veral kwesbaar.

Source
eNuus