"Eise verwerp op ongeldige gronde"

Met groot versekeraars wat nie eise uitbetaal aan kliënte wat skade gely het weens inperkingsregulasies nie, sal die hof moet bepaal hoe die bewoording van polisse interpreteer word.

KAAPSTAD - Die meeste groot versekeraars betaal nie eise uit aan kliënte wat skade gely het weens inperkingsregulasies nie.

Santam en Hollard bied nou wel finansiële hulp aan klein- en medium ondernemings.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het meer as een keer sy kommer uitgespreek oor eise op ongeldige gronde verwerp word.

Talle hofsake hieroor word verwag.

Die hooggeregshof sal moet beslis of versekeraars die bewoording van hul polisse korrek interpreteer.

Source
eNuus