“Ek is baie trots op die Bokke”

Ná ’n aand se kuier in dié kroeg het Eben Etzebeth na bewering rassisties opgetree, maar Sondag was die voorval skynbaar vergete.

LANGEBAAN - In Langebaan aan die Weskus is die halfeindstryd tussen die Springbokke en Wallis by Die Watergat gekyk, waar Eben Etzebeth gereeld kuier.

Daar was geen teken van verdeeldheid in dié gemeenskap se ondersteuning van die Bokke nie, ondanks die bewerings van rassisme teen die Bokslot.

Source
eNuus