"Ek dink nie mens sal ooit oor die seer en die skok kom nie.”

Agt jaar ná haar skietdood sê Chanélle Henning se ouers die saak is nog lank nie afgehandel nie.

PRETORIA - Die ouers van die vrou wat agt jaar gelede voor haar seun se kleuterskool in Pretoria doodgeskiet is, sê haar moord is nog nie volledig opgelos nie.

Chanélle Henning is op 8 November 2011 vroegoggend in haar kar geskiet ná sy haar seun afgelaai het.

Vier mans dien tans tronkstraf vir dié moord uit.

eNuus het op die herdenking van haar dood met haar ma gesels.

Source
eNuus