"Ek het my ma vergewe"

eNuus praat met die jong vrou wat as die pasgebore Zephany Nurse ontvoer is.

KAAPSTAD - Sy het die ma wat haar as baba gesteel het, vergewe, en dit word vir haar makliker om haar biologiese ouers te aanvaar.

So sê die 22-jarige Miché Solomon, wat in 1997 as Zephany Nurse in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad ontvoer is.

Nadat haar lewe so erg omvergegooi is, het sy selfs 'n aborsie van haar eerste baba oorweeg.

Sy dra 'n nuwe boek oor haar merkwaardige verhaal op aan haar twee ma's.

Source
eNuus