“Ek het nie 'n ander plek om te gaan bly nie"

282 inwoners van Paradise Park moet binne drie maande wegtrek om plek te maak vir ’n luukse kommersiële behuisingsontwikkeling.

KAAPSTAD - Bykans 300 inwoners van Paradise Park naby Hermanus is binnekort dakloos en die Wes-Kaapse departement van behuising sê hulle het geen ander opsies om hulle te probeer huisves nie.

Inwoners weier om by die regering se behuisingsprojekte geïntegreer te word.

Dit na ’n hofbeslissing waarvolgens hulle die private grond waarop hulle woon, moet ontruim.

Sommige inwoners sê ’n mondelinge ooreenkoms met die vorige grondeienaar het bepaal dat hulle so lank as wat hulle wil op die grond mag bly.

Source
eNuus

Paid Content