"Ek wil nie gehaat word," sê Andrea Venter se moordenaar

Andrea Venter se familie sê hulle sal nie gou haar moordenaar kan vergewe nie.

JOHANNESBURG - Die veroordeelde moordenaar, Gerhard Jansen van Vuuren, het Woensdag in 'n verrassende wending self getuig in die vonnisverrigtinge in sy verhoor in die Hooggeregshof in Johannesburg.

Jansen van Vuuren is vroeër daaraan skuldig bevind dat hy sy voormalige vriendin, Andrea Venter, in 2011 vermoor het.

Hy het ook 'n veiligheidswag by Venter se woonstelkompleks in Johannesburg aangerand.

Jansen van Vuuren het in 2013 na Brasilië gevlug, maar is in 2020 aangekeer en aan Suid-Afrika uitgelewer. 

Source
eNuus

Paid Content