Eksamen klaar vir meeste matrieks

Matrieks wat Woensdag klaar eksamen geskryf het, praat oor hul vakansie- en toekomsplanne.

PRETORIA - Die Nasionale Senior Sertifikaateksamen het Woensdag vir die meeste matrieks tot 'n einde gekom.

Die derde vraestel van Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal en Afrikaans Tweede Addisionele Taal is Woensdag geskryf.

Net 'n paar vakke soos landbouwetenskappe, musiek, dramatiese kunste en dans moet nog afgehandel word.

Die eindeksamenantwoordstelle word vanaf 8 Desember nagesien.

Source
eNuus

Paid Content