Enigste herwinningsmaatskappy in Hermanus roep halt

Ná meer as twee dekades van herwinning, gaan Walker Bay Recycling nou sy deure sluit.

HERMANUS - Plastiek, karton en glas wat tot dusver in die Overstrand-munisipaliteit in die Wes-Kaap herwin is, sal voortaan op ’n stortingsterrein saam met ander vullis beland.

Die plaaslike herwinningsmaatskappy het die afgelope 23 jaar herwinbare afval van Pringlebaai tot in Stanford hanteer.

Maar sedert die munisipale herwinningsaanleg tydens gewelddadige betogings afgebrand is, kan die maatskappy nie meer sy bedryfskoste dek nie.

Source
eNuus