eNuus groet ‘n legende

Freek Robinson tree ná 45 jaar af.

Ons gewaardeerde kollega en eNuusleser Freek Robinson het Vrydag afgetree ná 'n loopbaan van 45 jaar.

Freek was sedert die ontstaan van ons bulletin byna 10 jaar gelede 'n lid van die redaksie.

Ons bedank hom vir die bydrae wat hy oor die jare heen tot die Suid-Afrikaanse uitsaaiwese en joernalistiek gelewer het.

Source
eNuus