Ergste pyn denkbaar

“Mense praat nie daaroor nie, hulle dink hulle moenie daaroor praat nie omdat dit seermaak, wanneer dit eintlik die teenoorgestelde is.”

MULDERSDRIFT - Volgens statistieke gaan 'n kwart van vroue in hulle leeftyd 'n baba tydens swangerskap of ná geboorte verloor.

Tog is daar meestal stilswye oor die onderwerp.

Oktober is Swangerskap-en-babaverlies-bewustheidsmaand.

Meer as 300 ouers wat daardeur geraak is, het saam gestap om aan hulle kinders hulde te bring.

Source
eNuus