Die boer van Ermelo wat glo twee kinders in sy mielielande raakgery het, het borgtog gekry.
ERMELO - Die boer wat daarvan beskuldig word dat hy twee kinders op sy plaas buite Ermelo in Mpumalanga raakgery en 'n derde een aangerand het, is Dinsdag op borgtog vrygelaat.
Louis Grobler staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord en een van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die landdroshof in Ermelo het borgtog van R30 000 aan Grobler toegestaan.
Sy regspan sê die voorval op 15 Julie was 'n ongeluk, wat hulle met 'n verslag van 'n onafhanklike ondersoeker staaf.
Source
eNuus