FAK vereer Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr sê hy is lief vir Afrikaans en behandel alle mense dieselfde.

PRETORIA - Die FAK het Steve Hofmeyr gisteraand vereer vir sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur.

Die toekenning gee erkenning aan sy werk as sanger, skrywer en akteur.

Hofmeyr sorg gereeld vir omstredenheid wanneer hy "Die Stem" by konserte sing of opspraakwekkende uitsprake op sosiale media maak.

Maar die FAK sê hy verdien erkenning vir sy teenstand teen wat dié organisasie as "sensuur en kulturele intimidasie" bestempel.

Source
eNuus