Fees toe tóg vir goeie doel

Organiseerders van die jaarlikse AfrikaBurn-fees in die Tankwa-Karoo help nou in die stryd teen COVID-19.

OBSERVATORY - Die veiligheid van hawelose mense tydens die nasionale staat van inperking is ‘n groot uitdaging.

Die Stad Kaapstad is besig met voorbereiding om sowat 2 000 haweloses op ‘n perseel in Strandfontein te huisves.

In Observatory het gemeenskapslede die AfrikaBurn-organisasie genader om die talle hawelose mense in die gebied te help met wasgeriewe.

Source
eNuus