Fiksheidsbedryf rig pleidooi aan regering

Met duisende werksgeleenthede in gedrang, pleit werkers in die fiksheidsbedryf dat gimnasiums en ander oefenfasiliteite moet heropen.

KAAPSTAD - Die fiksheidsbedryf smeek die regering om oefenfasiliteite toe te laat om te heropen.

Gimnasiums is reeds sedert die begin van die inperking gesluit en fiksheidsinstrukteurs kry finansieel swaar ten spyte van die aanlyn klasse en afrigting wat baie van hulle aanbied.

Virgin Active se werknemers word vanaf verlede maand net 25% van hulle salarisse betaal nadat die maatskappy opgehou het om ledegelde in te vorder.

Baie ander fiksheidsondernemings het die meeste van hulle kliënte verloor.

Source
eNuus