Gauteng dryf sy entstofprogram verder

Owerhede sê bykomende inentingsentrums sal die druk in Gauteng verlig.

JOHANNESBURG Met die tweede besending wat nou hier is, maak Gauteng ook gereed om sy inentingsveldtog te versnel.

Teen Vrydag was al die provinsie se entstowwe van die eerste besending 16 800 Johnson & Johnson-inspuitings reeds toegedien.

Daar is ook nog twee inentingsentrums in Gauteng geïdentifiseer.

Saam met die Chris Hani Baragwanath- en die Steve Biko Akademiese Hospitaal, sal Charlotte Maxeke en George Makhuri nou ook as inentingsentrums dien.

Source
eNuus

Paid Content