“Gebed red Moorreesburg-oupa”

Dokters is verstom oor die wonderbaarlike herstel van 'n Moorreesburgse oupa wat Covid-19 opgedoen het

KAAPSTAD - David Rayters van Moorreesburg het wonderbaarlik herstel, twee maande nadat hy met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is.

Hy sê die keerpunt het gekom nadat ’n vriend vir hom gebid het.

Dokters is oorbluf nadat die 68-jarige oupa se suurstofvlak oornag gestyg het en hy die volgende oggend die gevoel in sy tone begin terugkry het. 
 

Source
eNuus