“Geen familie moet in daai posisie wees nie”

Charl Kinnear se weduwee vrees vir haar en haar familie se lewens te midde van onsekerheid oor polisiebeskerming.

KAAPSTAD - Die weduwee van die vermoorde Charl Kinnear, 'n speurder in die teenbende-eenheid, sê die SAPD laat haar in die steek.

Nicolette Kinnear het verlede week 'n brief van die polisie ontvang waarin hulle sê haar beskermingsdienste word van Maandag af onttrek.

Maar die polisie het blykbaar nou 'n U-draai gemaak, en sê die dienste sal tog voortgesit word.

Source
eNuus

Paid Content