Geen SA kanovaarders gaan Olimpiese Spele toe

Suid-Afrika het sedert sy hertoelating tot die Olimpiese Spele nog altyd verteenwoordigers in die kano- en kajakdissipline gehad, maar dit gaan nie volgende jaar die geval wees in Tokio nie.

PRETORIA - Drie kanovaarders sal Suid-Afrika nie volgende jaar by die Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig nie, selfs al het hulle aan die IOK se kwalifiseringsvereistes voldoen.

SASKOK sê elke land het die reg om sy eie standaarde vir Olimpiese kwalifikasie te stel wat nie met die IOK se vereistes hoef ooreen te stem nie.

Volgens SASKOK het die drie kanovaarders nie voldoen aan die kwalifiseringstandaarde waarop dié organisasie en die sport se nasionale beheerliggaam, Kano Suid-Afrika, ooreengekom het nie.

Source
eNuus