"Geen sektor kan méér werk skep"

Landbouorganisasies vra vir beleidsekerheid van die regering om te verseker dat dié bedryf die Covid-19-krisis oorleef.

CENTURION - Die regering moet beleidsekerheid skep en sy beleid oor grondonteiening sonder vergoeding dringend hersien om te verseker dat die landboubedryf die ekonomiese krisis wat deur die Covid-19-pandemie geskep is, kan oorleef.

Só sê die landbouorganisasies Agri SA en die Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel SAAI.

Hulle het Vrydag gereageer op die minister van finansies, Tito Mboweni, se aanpassingsbegroting wat Woensdag by die parlement ingedien is.

Source
eNuus