Geliefde Johnny gegroet

Op 16 Julie 2019 het Suid-Afrika die Wit Zoeloe gegroet wat hom treffer-vir-treffer 'n plek in die hart van miljoene oopgesing het.

JOHANNESBURG - Suid-Afrikaners het hulle diepe hartseer en meegevoel uitgespreek ná die dood van die sogenaamde Wit Zoeloe, Johnny Clegg.

Die 66-jarige musieklegende voer al sedert 2015 'n stryd teen pankreaskanker en het dit op 16 Julie by sy huis in Johannesburg verloor.

Liedjies soos Scatterlings of Africa, Great Heart, Asimbonanga en Impi het hom volkbesit gemaak en ook wêreldwyd aanhang laat geniet.

Sy musiek het 'n groot impak tydens die stryd teen apartheid gehad.

Source
eNuus