Geluksdal pak sélf werkloosheid

Praktiese vaardighede word onder die wakende oog van afgetrede ambagsmanne vanuit die gemeenskap geleer.

GELUKSDAL - 'n Gemeenskap aan die Gautengse Oos-Rand het hulle moue opgerol en werkloosheid self begin pak.

Die Geluksdal-opleidingsentrum is vroeër vanjaar geopen en bied praktiese opleiding in onder meer sweis- en bouwerk.

Sedertdien staan jong mense tou om 'n ambag aan te leer.

Die sentrum het ook hulle eie mediese fasiliteit geopen en volgende maand kom 'n regskliniek by.

Source
eNuus