Gemaskerde mans beskadig luukse motors

40 mense het die motorhandelaar binnegedring en op die motors begin spring en hul voorruite gebreek.

NORTHGATE, KAAPSTAD Die polisie in Kaapstad is steeds op soek na ‘n groep van ongeveer 40 mense wat agt luukse motors beskadig en personeel by die motorhandelaar, The Toy Shop, aangerand het.

Die gemaskerde mans, wat in twee Toyota Quantums en ‘n bakkie aangekom het, het ook rekenaars, selfone en ander persoonlike besittings van personeellede geneem.

Die motief vir die aanval is nog onduidelik.

Source
eNuus

Paid Content