Geregtigheid vir Zelda

WES-KAAPSE HOOGGEREGSHOF - Die man wat 'n geliefde motorfietsryer van Kaapstad langs 'n snelweg vermoor het en sy medepligtige, gaan jare lank agter tralies deurbring.

Lucian Ackerman en Michael Pietersen is in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Zelda van Niekerk.

Haar vriendinne sê hulle het nie net 'n vriendin en 'n gemeenskapsleier verloor nie, maar ook hulle vryheid om op hulle motorfietse rond te ry.

Van Niekerk is in September 2018 in die maag geskiet terwyl sy vir 'n vriendin langs die N1-snelweg naby die Canal Walk-winkelsentrum gewag het. 

Lewenslange tronkstraf vir die moordenaar van ’n geliefde Kaapstadse motorfietsryer