Gertjie en Matimba se tweede kans

Gertjie en Matimba is twee handgrootgemaakte renosters wat by die Hoedspruit-sentrum vir Bedreigde Spesies gerehabiliteer is.

JOHANNESBURG - Vir die eerste keer ooit is twee handgrootgemaakte renosters by die Hoedspruit-sentrum vir Bedreigde Spesies suksesvol in die natuur vrygelaat.

Gertjie en Matimba is vyf jaar gelede weens renosterstropery wees gelaat. Die sentrum het hulle gered en gerehabiliteer.

Die inhoud van die volgende berig kan sommige kykers ontstel.

Source
eNuus