"Gesprek oor standbeelde is nodig"

n Debat oor geskiedkundige simbole is opnuut ontketen na die president se opmerkings op Erfenisdag.

KAAPSTAD - Geskiedkundiges en erfeniskenners het uiteenlopend gereageer op president Cyril Ramaphosa se opmerking op Erfenisdag dat alle simbole wat Suid-Afrika se koloniale verlede verteenwoordig en rassisme verheerlik, verskuif moet word.

Ramaphosa sê hy is bewus daarvan dat dié besluit omstrede is, maar volgens hom is dit noodsaaklik om alle Suid-Afrikaners se belewenis van die land se pynlike verlede in ag te neem.

Source
eNuus