Gestrand in China

Meer as 'n duisend mense is reeds aan die corona-virus dood, maar steeds word Suid-Afrikaners nie uit China ontruim nie.

JOHANNESBURG - Die gevreesde corona-virus het nou reeds meer as 'n duisend slagoffers geëis.

Een van hulle is 'n Amerikaner wat in die stad Wuhan in China dood is, waar die virus in Desember uitgebreek het.

Tientalle Suid-Afrikaners is ook daar vasgekeer, sedert die stad verlede maand in kwarantyn geplaas is.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het egter nog nie bevestig wanneer landsburgers uit China ontruim gaan word nie.

Meer as 40 000 mense in China het die virus onder lede en minstens 40 gevalle is in 28 ander lande bevestig.

Source
eNuus