Gevangenes vaar Malmesbury se strate in

Daar was Vrydag drama in Malmesbury toe 69 verhoorafwagtende gevangenes, tronkbewaarders oorrompel en ontsnap het.

MALMESBURY - Skote het Vrydag in die strate van Malmesbury in die Wes-Kaap geklap nadat 'n groep verhoorafwagtende gevangenes ontsnap het.

Die polisie het bevestig dat 69 gevangenes op die vlug geslaan het.

Die meeste is reeds weer in hegtenis geneem.

Die gevangenes het glo tronkbewaarders oorrompel en hulle in 'n sel toegesluit.

Daarna het die verdagtes deur die hoofuitgang van die tronk ontsnap.

Nege beamptes van Korrektiewe Dienste is beseer.

Source
eNuus