Geweld in Bloekombos

'n Groep grondbesetters in Kaapstad het vir die tweede dag in 'n ry met die polisie en die weermag gebots.

KRAAIFONTEIN - 'n Groep grondbesetters het Vrydag weer met die polisie en die weermag gebots in die Bloekombosgebied van Kraaifontein in Kaapstad.

Geweld het Donderdag daar uitgebreek nadat die owerhede onwettige strukture begin afbreek het ingevolge 'n hofbevel en dit het Vrydag voortgeduur.

Boere in die omgewing smeek die regering al sedert 2018 om die tekort aan behuising en die sosio-ekonomiese probleme wat daarmee gepaard gaan, op te los.

Source
eNuus