Groot terugtog

Motoriste word gevra om elk hulle deel te doen om sterftes op die land se paaie te voorkom.

PRETORIA - Daar is vrese dat daar in die komende week weer 'n slagting op die land se paaie gaan wees.

Net Maandagoggend is drie mense dood en minstens 70 ander beseer toe 'n bus op die N1 in Botlokwa in Limpopo, sowat 60 km vanaf Polokwane, gerol het.

'n Botsing op dieselfde pad die afgelope naweek het die lewens van ses mense, waaronder 'n nooddienswerker, geëis.

Arrive Alive pleit by motoriste om die padreëls te gehoorsaam en geduldig te wees.

Source
eNuus

Paid Content