Grootse oomblik in SA se stryd teen pandemie

Die eerste gesondheidswerker, president Cyril Ramaphosa en gesondheidsminister Zweli Mkhize, rol hulle moue op en ontvang die Covid-19-entstof.

KHAYELITSHA, KAAPSTAD – Na 328 dae wat Suid-Afrikaners reeds ingeperk is as beskerming teen Covid-19, is die heel eerste mense in die land vandag eindelik teen die pandemie ingeënt.

Dit is die eerste deel van ‘n proses om die grootste deel van die bevolking oor die komende maande te probeer inent en so hopelik stadigaan weer te begin terugbeweeg na 'n vorm van normaliteit.

Die eerste 80 000 dosisse sal by 17 inentingsentrums in nege provinsies toegedien word.

Onder dié wat vandag hulle Johnson & Johnson-inspuiting gekry het, was verskeie werkers in die gesondheidsektor – en ook president Cyril Ramaphosa.

Source
eNuus

Paid Content