Harry, Meghan en Archie groet vir eers

Meghan Markle beskryf hulle besoek as vreugdevol. Tog is die laaste dag van die Sussexe se Suid-Afrikaanse besoek oorskadu deur die nuus dat die hertogin ’n Britse poniekoerant gaan dagvaar.

JOHANNESBURG - Die hertog en hertogin van Sussex is met baba Archie op pad terug Londen toe waar 'n hofgeveg op hulle wag.

Meghan Markle dagvaar die Britse poniekoerant "The Mail on Sunday" weens die publikasie van uittreksels van 'n privaat brief wat sy aan haar pa geskryf het.

Volgens haar was die besoek aan Suid-Afrika vreugdevol.

Woensdag het hulle namens die Britse regering byna R150-miljoen beloof vir vaardigheidsontwikkeling in die land.

Source
eNuus