Heidelberg-gemeenskap: “Ons vertrou nie meer polisie”

Opod sê hy ondersoek die dood van gemeenskapslede.

KAAPSTAD – Die gemeenskap van Heidelberg in die Wes-Kaap eis dat die plaaslike polisiediens ten volle hersien word.

Dit nadat vier mense die afgelope vier jaar dood is in afsonderlike voorvalle, wat glo met polisielede verbind kan word.

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, of Opod, ondersoek die bewerings.

Source
eNuus