Heldeontvangs vir Springbokkrygers

Springbokondersteuners het op die middestad van Johannesburg toegesak vir selfies, foto's en handtekeninge.

JOHANNESBURG - Suid-Afrika se rugbytrots het 'n voorsmakie gekry van presies hóéveel hulle Wêreldbekeroorwinning vir die land beteken.

Springbokondersteuners het vroegoggend by die Uniegebou in Pretoria saamgedrom vir die begin van die span se triomftoer met die goue beker.

Pres. Cyril Ramaphosa het die Springbokke verwelkom en gesê hulle het Suid-Afrikaners geïnspireer.

In Johannesburg en Soweto is die span ook deur 'n vloedgolf aanhangers toegejuig.

Source
eNuus