“Hereksamens is matrieks se volgende uitdaging”

Daar is nog geen duidelikheid oor presies wanneer die graad 12-hereksamens gaan gebeur nie.

PRETORIA - Twee onderwysorganisasies is bekommerd omdat die departement van Basiese Onderwys nog nie bekend gemaak het wanneer vanjaar se matriekleerlinge hereksamens gaan skryf nie.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie en Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum sê leerlinge wat vraestelle wil of moet herskryf, sal dit moontlik nie betyds kan doen om volgende jaar universiteitstoelating te kry nie.

Source
eNuus