“Hier is kinders sonder skoene of warm klere”

Daar is Vrydag kos en klere in sukkelende gebiede in Noordwes en Gauteng afgelewer.

NOORDWES EN GAUTENG - AfriForum, die Suider-Afrika Agri-inisiatief of SAAI, Laeveld Agrochem en Solidariteit Helpende Hand het in die afgelope ses weke 270 ton kos oor die land heen versprei.

As deel van hulle COVID-19-taakspan het dié organisasies ook onder meer kos en klere aan 'n kleuterskool en diereskuilings gegee.

Source
eNuus