“Hoe gaan ek nou kos op die tafel sit?”

Inwoners van Oudtshoorn is bekommerd oor die staat van inperking wat hul inkomste verder gaan knou.

OUDTSHOORN - Paniek heers onder die weerlose gemeenskap van Oudtshoorn oor Suid-Afrika se COVID-19-maatreëls.

Die meeste inwoners van die woonbuurt Bridgton word net vir die werk wat hulle doen, betaal en het nie formele werkskontrakte nie.

Boonop het baie families staatgemaak op tydelike werk wat die KKNK sou verskaf.

Dié fees is egter weens die coronavirus gekanselleer.

Source
eNuus