Hof: vertoning van ou vlag is haatspraak

Die gelykheidshof het bevind om die ou landsvlag onnodig te vertoon, is haatspraak, skadelik en rassisties.

JOHANNESBURG - Die ongegronde vertoon van die ou landsvlag is amptelik haatspraak.

So het die gelykheidshof beslis.

Die Nelson Mandela-stigting het die aansoek in die hof gebring nadat die vlag twee jaar gelede tydens ‘n Swart Maandag-optog teen plaasmoorde geswaai is.

Die uitspraak verbied dié soort openbare tentoonstelling van die vlag.

Dis egter nie 'n algehele verbod nie.

Source
eNuus