Hoop vir ongedokumenteerde kinders

By die Lethoteng-gemeenskapsentrum leer meer as 80 ongedokumenteerde kinders hoe om te lees, te skryf en somme te maak.

CLOCOLAN. 'n Skoolloopbaan is vir talle ongedokumenteerde kinders in Suid-Afrika nie moontlik nie, weens probleme met geboorte sertifikate, identiteitsdokumente en finansies.

By 'n gemeenskapsentrum in die Oos-Vrystaat kry hierdie kinders 'n kans op 'n basiese opvoeding - alles danksy 'n boervrou en 'n handjievol vrywilligers.

Eugenie Gregan het 'n dag by die sentrum deurgebring.

Source
Nuusdag