Hulp nóú nodig, pleit Agri SA

Agri SA sê provinsies soos Limpopo en die Vrystaat moet weens die droogte tot rampgebiede verklaar word.

CENTURION – Voedselsekerheid word deur die knellende droogte bedreig.

Daarom is dit nie bloot meer net 'n landbounood nie, maar 'n Suid-Afrikaanse krisis. 

Dít is die waarskuwing van Agri SA, wat 'n pleidooi aan die regering – en landsburgers – gerig het om te help.

Die regering het die Oos-Kaap vroeër die maand tot rampgebied verklaar.

Agri SA sê ander provinsies – onder meer Limpopo en die Vrystaat – moet ook amptelike rampstatus kry.

Die beeldmateriaal in die video kan kykers ontstel.

Source
eNuus