Hulp stroom in na brande

Suid-Afrikaners het geld én voer geskenk aan Vrystaatse boere wat alles in die onlangse verwoestende brande verloor het.

GAUTENG – Verskeie organisasies het die inisiatief geneem om hulp te verskaf aan boere in die Vrystaat wat naastenby alles verloor het met die verwoestende brande vroeër dié maand.

Jacaranda FM se luisteraars het reeds naastenby R4 miljoen geskenk vir noodhulp, en Boerehulp Suid-Afrika het reeds 50 vragmotors se voer aan die rampgeteisterde gebied verskaf.

Caring Dasies, AfriForum, die Suider Afrika Agri Inisiatief en nog vyf ander organisasies het 'n verdere R4,5 miljoen se skenking ontvang. 

Source
eNuus