Hulp vir Wes-Kaapse boere tydens knellende droogte

Die Covid-19-pandemie het die situasie verder vererger vir boere en plaaswerkers.

HERBERTSDALE, WES-KAAP - Groot dele van die Tuinroete in die Wes-Kaap gaan steeds onder ’n knellende droogte gebuk.

Moedelose boere in distrikte soos Herbertsdale en Albertinia hoop dat dit binnekort daar sal reën.

Die provinsiale regering sê hy het reeds meer as R81 miljoen aan droogtehulp bestee en werk tans aan lang-termyn oplossings.

Source
eNuus

Paid Content