"Hy het aanhou droom, aanhou glo"

Volgens huldeblyke sal Theuns Jordaan deur sy musiek voortleef.

PRETORIA - Familie, vriende en kollegas het Vrydag van Theuns Jordaan afskeid geneem.

Die sanger en liedjieskrywer se huldigingsdiens is in die Moreletapark-gemeente in Pretoria gehou.

Verskeie bekende sangers het tydens die diens opgetree en huldeblyke gelewer. 

Jordaan is verlede Woensdag op 50-jarige ouderdom oorlede nadat leukemie verlede jaar by hom gediagnoseer is.

Source
eNuus

Paid Content