Hy het dopgehou, daarna toegeslaan

Die hof het Ninow se weergawe verwerp dat hy impulsief opgetree het.

PRETORIA - Nicholas Ninow het die verkragting van 'n meisie in 'n Pretoriase restaurant beplan.

Só het die hof Maandag bevind.

Ninow is skuldig bevind nadat hy verlede week skuld beken het.

Hy gaan oor 'n maand gevonnis word.

Ninow se ouma was die enigste familielid wat in die hof was vir die uitspraak.

Sy is deur lede van die ANC-vroueliga bygestaan.

Source
eNuus