“Hy neem die waarheid na sy graf”

Die ANC-veteraan, Roseberry Sonto, aanvaar nie FW de Klerk se verskoning vir apartheid nie.

Die De Klerk-familie sal na verwagting Maandag die begrafnisreëlings vir oudpresident FW de Klerk bekendmaak.

Dit terwyl daar druk bespiegel word of 'n staatsbegrafnis vir hom gehou gaan word.

Volgens die Presidensie se riglyne is De Klerk geregtig op 'n staatsbegrafnis, maar sy familie sou dit kon weier.

Sommige Suid-Afrikaners dink boonop dit sou nie gepas wees om 'n staatsbegrafnis vir hom te hou nie.

Hulle is nie beïndruk met sy verskoning vir die pyn wat apartheid veroorsaak het, wat kort na sy dood uitgereik is nie.

Source
eNuus

Paid Content