"Iets soet vir die kindertjies"

Paaseiers is Saterdag saam met 'n warm maaltyd in Blikkiesdorp uitgedeel.

KAAPSTAD - Gemeenskapsorganisasies in Kaapstad sê die behoefte aan voedingskemas is groter as ooit tevore.

Dit ondanks data wat daarop dui dat die ekonomie geleidelik besig is om te herstel.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is 76 000 werksgeleenthede in die laaste kwartaal van 2020 in die formele sektor geskep.

Maar gemeenskapsorganisasies sê werkloosheid en armoede vier steeds hoogty in baie gemeenskappe.

Source
eNuus

Paid Content